Date: 15th December 2017
Bacchus Nel, " 'n Man met Visie"
Bacchus sê met oortuiging : "Ek wil niks anders doen nie. Ek wil musiek maak. Ek wil goeie liedjies skryf."
Die onderwerpe waaroor hy skryf is soos sy dagboek, die daaglikse bestaan, verbode liefde, verlore liefde, die stad en die platteland, plekke met 'n interessante vibe.
Bacchus se liedjies lewe almal in sy kop, saam met ander wat nog half is, onvoltooid is. Hy put baie uit sy visuele geheue. "Ek skryf uit wat ek gesien het. Daar is lekker prentjies in my kop. En ek kan goed visualiseer as iemand vir my iets verduidelik."
15 Dec 2017
20h00 @ Die Ramstal
Nieu-Bethesda
Contact: 049 841 1642
072 742 7113
accommodation@nieu-bethesda.com